Halogeen

Periode Halogeen
17
  
1 1
(H)
2 9
F
3 17
Cl
4 35
Br
5 53
I
6 85
At
7 117
Ts

'n Halogeen is 'n chemiese element wat in die 17de kolom van die periodieke tabel voorkom.

Hierdie groep omvat die elemente fluoor (F), chloor (Cl), broom (Br), jodium (I) en die minder bekende en radioaktiewe elemente astaat (At) en tennessien (Ts). Die groep is deel van die p-blok van die hoofgroepelemente.

Die eerste element van die tabel, waterstof (H) word meestal by die alkalimetale gereken, maar dit kan ook hidried-anione (H-) vorm wat amper so groot as 'n chloried-ioon is en vergelykbare strukture vorm. Daarom word hierdie element soms ook as 'n erelid van die halogene beskou, hoewel dit geen p-elektrone het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search